Ek het in ʼn huis grootgeword waar familievakansies belangrik is. Kyk, ek en my broer het nou nie juis baie affection gekry toe ons grootword nie. As ons iewers wou wees het Mammie en Pappie gesê, “jy het voete. Loop”. Hulle het ons nie “gebaby” nie. So ons is nou baie mooi onafhanklike, selfstandige grootmense moontlik met ’n paar attachment issues maar ons het okay uitgedraai, dink ek.

Nou my ouers vra nie vir veel nie. Al wat hulle wil hê is dat ons so een of twee keer ʼn maand in die kerk kom, en Easter en Christmas spandeer ons as ’n familie saam. Ek onthou nou nog my ma se woorde aan my voor ek op die vliegtuig geklim het in George: “Moenie jou Here vergeet nie”. Ek sal nie Mammie.

IMG_6318
My Paasnaweek het toe live entertainment ook ingesluit…

Nou wonder jy wat is my punt. Ek kom daar. Almal wat my ouers ken, weet daar is baie min dinge wat hulle nie kan doen nie. En wat die een nie kan doen nie kan die ander een wel baie goed doen – #couplegoals. Nou hier sit ek nou, duisende kilometer van die huis af op ’n Paasnaweek en al wat ek aan kan dink is daai smullekker gevretery wat die naweek aan die Davidson-tafel gaan plaasvind. Ek weet mos hoe dit werk: Vrydag begin dit by Mammie se finger-licking good pickled fish (kyk, ’n Kaapse antie ken van ’n stukkie vis bak, wat nou nog te sê van pickled fish). Ek weet ek het uitgemis. Gelukkig het ek ’n ma wat nie wag vir Easter om pickled fish te maak nie, sy doen dit sommer regdeur die jaar. Ek is nie ’n groot viseter nie, maar ek het vriende wat met my sal saamstem, haar pickled fish is ’n legend. En net so terloops, as jy ’n KAAPSE coloured antie is, en nou praat ek van jy is daar gebore en het daar grootgeword, en NIE kan vis bak nie, stuur ek vanaand vir jou ’n gebed op. Dit is ’n skreiende skande.

En dan Sondag is dit Pappie se beurt in die kombuis. Ek ken mos my mense. Dit was weer boud, tong, hoender, waarskynlik ’n kalkoen, een of ander spekkie, groente met witsous, spinasie in room, pampoen en ek is seker daar was soetpatat ook, braai aartappels, groenboontjiebredie en ek sit my kop op ’n blok daar was ’n beet- of groenslaai. Daar was ook een of ander pudding. Soos ek sê, ek ken my mense.

Toe maak ek mos ’n besluit. Lank voor Easter al. Ek het besluit, ek weier dat my FOMO die beste van my kry, en ek gaan myself op Paasnaweek ’n baie lekker tyd gee. Ek gaan sorg dat ek so lekker eet, ek mis nie eers die huis nie. En het ek lekker geëet!

17966381_10155299731904571_1973142584663970089_o
My eerste keer op die subway. Mens moet selfies vat.

Vrydagaand is ek en twee vriendinne (Jenny, ’n Koreaan en Breanna, ’n Amerikaner) na ’n restaurant toe waar ons die heerlikste eend gehad het. Nou vir dié van my lesers wat nie weet nie, ek sal gou verduidelik hoe dit werk. (Sien foto hieronder as verwysing). Jy maak die eend self gaar, dan dip jy hom in daai sousie. Dan sit jy jou stukkie eend in jou lettuce met enige van daai ander sides wat jy daar sien en dan vou jy jou lettuce toe en druk die hele ding in jou mond. Jou mond is vol gestop maar dis blêddie lekker. En jy sit op die grond (skoene is uitgetrek, jy los dit by die deur). So toe ek na die tyd so dukgevreet was kon ek my darem ordentlik uitstrek. Jenny en Breanna het lekker gelag vir die Suid-Afrikaner met die groot appetite.

IMG_6226
Ek, Jenny en Breanna.
IMG_6225
So lyk dit.

Een van ons ander vriende het verjaar en ons is ná die tyd uit om dit te gaan vier – dit was lekker! Wees versigtig vir Koreaanse alkohol. Dis al wat ek op hierdie stadium kan sê. Hier is grootmense en kerk anties wat my blog lees.

17904507_10155288977529571_3636684778628068082_n
Midian (heel links) se verjaardag.

En toe Sondag. Sondag was briljant! (Onthou dit is nog Paasnaweek en ek weier mos nou om “uit” te voel…) Ek en Breanna is Daegu toe (dit is ’n stad so halfuur van ons af). Daar aangekom het ons heel eerste kos gesoek. Ons is toe na die Shinsegae waar ons die heerlikste sushi geëet het. Hier het ek die beste tuna gehad wat ek nog ooit in my lewe geproe het! Almal wat my ken weet ek kan ook ’n tempura prawn nie weerstaan nie! Ons het hierna bietjie gaan rondloop, gaan shop, natuurlik pudding geëet en net onsself ’n baie lekker dag gegee.

IMG_6335
Dit was heerlik!
IMG_6305
Ek en Breanna, reg vir die ding.

Ek het my Paasnaweek afgesluit deur my familie te bel waar ek met almal kon praat en hulle my vertel het wat is alles aan tafel, en ek was reg. Maar ek kon toe lekker sê ek is tog nie jaloers nie, ek het ook lekker geëet!

IMG_6333
Want wat is ‘n dag in die stad sonder nagereg?

Vir die eerste keer in my lewe was ek op ’n Paasnaweek nie saam met my familie nie, maar ek het regtig die beste daarvan gemaak. En al het ek die klomp mal goed bymekaar gemis, was dit steeds lekker. Ek is lief vir julle, familie, en ek ken julle in alles wat ek doen!

Ek hoop al my vriende, familie en ander geliefdes het ’n gelukkige, geseënde en veilige Paasnaweek gehad, en mag ons nooit vergeet wat die ware betekenis van hierdie naweek is nie!

"En toe hou ek Paasnaweek in Korea…", 5 out of 5 based on 1 ratings.
Feel free to share this post ...Email this to someoneShare on FacebookTweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on Google+